Logo

    Wag Daarvoor

    afMarch 08, 2024
    What was the main topic of the podcast episode?
    Summarise the key points discussed in the episode?
    Were there any notable quotes or insights from the speakers?
    Which popular books were mentioned in this episode?
    Were there any points particularly controversial or thought-provoking discussed in the episode?
    Were any current events or trending topics addressed in the episode?

    About this Episode

    Jesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp. 

    Ons het in die weermag 'n gesegde gehad: “Maak gou en wag.” Dit het gelyk of ons altyd aangejaag word om betyds iewers te wees, net om ure lank te staan en wag vir iets om te gebeur.

    Ag nou ja, ons weet almal dat daardie "maak gou en wag"- irritasie nogal baie in die lewe voorkom. Jy voel onder druk om iewers te kom, om iets te doen … en net daar word jy, deur omstandighede buite jou beheer, vertraag.

    In ons 24/7 aanlyn-digitale-wêreld verwag ons dat dinge onmiddellik moet gebeur. Hoe tree jy op wanneer jy vir ‘n halfuur lank na 'n oproepsentrum se ‘ons-is-nou-by-u’ boodskap moet luister? Ja, ons weet. Ons is nie meer so geduldig om vir dinge te wag nie.

    En tog, om redes wat net aan Homself bekend is, is die idee om te wag vir God belangrik. Nie die soort wat ons laat murmureer, terwyl ons na daardie herhalende boodskappe luister nie, maar dié soort wat ons geduld bou, wat 'n ontvanklike hart in ons kweek.

    Jesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp.

    Ja, terwyl ons wag vir 'n antwoord op gebed, wag Hy ook. Hy wag om genade aan ons te betoon. Hy wil ons seën. Nou waarvoor wag Hy?

    Ons kan nie heeltemal seker wees nie, maar ek is redelik seker Hy wag vir die regte tyd, sy tyd, die tyd wanneer ons hart uiteindelik gereed is. Hy sal die regte ding op die regte tyd doen. Hy sal elkeen seën wat op sy hulp wag.

    So … wag daarvoor.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Recent Episodes from God se Woord VARS vir jou Vandag

    Die Liefde Vergaan Nooit

    Die Liefde Vergaan Nooit

    1 Korintiërs 13:8,13 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. 

    En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! 

    Ons het 'n wonderlike vermoë om te fokus op die dinge wat op die ou end glad nie saak maak nie. En as hulle op die lange duur nie saak maak nie, moet jy jouself afvra: is die dinge dan werklik belangrik? Moet hulle nou regtig vir my saak maak?

    Een van my vriende se vrou, het op ‘n dag, toe hul kinders al groot was, hom ingelig dat sy hom gaan verlaat. Sy het geen spesifieke rede verskaf nie. Sy wou net 'n nuwe lewe begin.

    Terwyl hy besig was om sy goedjies in sy huis op te pak en al die besittings wat vir hom kosbaar is, in bokse te pak, was hy moedeloos. Maar sy bejaarde pa het hom wyse raad gegee: "Seun," het hy gesê, "dit is net aardse goed."

    Het jy al ooit stil gesit om te dink hoe belangrik dinge, wat nie regtig saak maak nie, vir jou geword het? Jy laat toe dat jou loopbaan, jou vermoëns, jou reputasie … en jou besittings … jou fokus word; terwyl jy die Een ding, wat hulle almal sal oorleef, die Een wat Ewig is, afskeep en toelaat om te verwaarloos.

    1 Korintiërs 13:8,13 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

    Terwyl jy jou pad deur die lewe na jou uiteindelike bestemming loop, smeek ek jou om nie ten koste van die Ewige, op die tydelike te fokus nie; om nie toe te laat dat die Belangrikste deur die onbelangrike verdring word nie; om nie toe te laat dat Liefde deur goed verplaas word nie.

    Jy weet tog, dat al daardie ander dinge tot 'n einde sal kom. Maar Liefde, die grootste van alle dinge, sal nooit eindig nie. Leef 'n lewe van liefde.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Ongelooflik, Wonderlike Genade

    Ongelooflik, Wonderlike Genade

    Johannes 1:16 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. 

    Genade is deesdae 'n seldsame kommoditeit. Die wêreldstelsel verwag van jou om te konformeer en te presteer. Dit verwag van jou om jou ou klein rolletjie as 'n onbeduidende ou ratjie in sy masjien te speel.

    As dit net 'n bietjie te verdoemend klink, kyk maar om jou rond. . . Hoe vergewensgesind is ons sosiale stelsels en jou sogenaamde ‘rolmodelle’ teenoor jou? Hoe gereeld sien mense jou mislukkings oor die hoof? Hoe gereeld prys iemand jou? Moedig iemand jou dikwels aan?

    Nee my vriend, dit is 'n onvergewensgesinde wêreld waarin ons leef. Konformeer, presteer of gee pad. Ja-nee, genade kan jy nie sommer agter elke bos uitskop nie ... daar is net een plek – by Jesus.

    Johannes 1:16 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.

    Dit is inderdaad sterk gestel. Ten spyte van al ons foute, ten spyte van ons rebellie, inderdaad as gevolg daarvan, het God vir Jesus gestuur sodat Hy sy genade, sy onverdiende guns, weer en weer en weer oor ons kon kom uitstort.

    Soos Billy Graham eenkeer gesê het: God neem die swakkes en maak hulle sterk. Hy neem die verfoeilikes en maak hulle skoon. Hy neem die geringes en maak hulle kosbaar. Hy neem die sondiges en maak hulle sondeloos.

    Dit is verskriklik maklik om die woord, "genade" so gereeld en so maklik af te rammel, dat ons die grootsheid daarvan, sy heerlikheid, die ewige gevolge van oorvloedige seën in ons lewens, uit die oog verloor.

    Kan ek jou vandag aanmoedig om na Jesus te kyk, om in sy Teenwoordigheid te wees, om oorweldig te word en om van Hom genade, op genade, op genade te ontvang.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Geloof en Vertroue

    Geloof en Vertroue

    Hebreërs 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. 

    Hou jy ook daarvan om by mense wat ‘n gevoel van rustige selfvertroue en van stille tevredenheid uitstraal, te kuier? Om by hulle te wees, laat jou sommer beter oor jouself voel. Wat is anders aan daardie mense?

    Ek kan aan 'n halfdosyn sulke mense in my lewe dink. Ten spyte van alles wat hulle deurgemaak het - en sommige van hulle is al deur baie groot uitdagings - lyk dit of niks hulle ontwrig nie. Net om aan hulle te dink, voed my siel.

    Toe ek hulle vrae gevra het en ek antwoorde van hulle geëis het, was daar een ding wat soos ‘n paal bo water uitgestaan het. Hulle geloof. Hulle praat dikwels van hul geloofsreis. Kom ons kyk na die woord ‘geloof’. Hoe definieer jy dit? Hoe maak jy dit jou eie?

    Hebreërs 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

    Daar is dit: geloof en sekerheid. Vertroue in dit waarvoor ons hoop, versekering oor wat ons nog nie sien nie. Hoe kan dit werk?

    Die antwoord is eenvoudig: wanneer jou hoop in Jesus is, dan is dit nie 'n wankelende hoop nie; dan is dit nie 'n onsekere hoop nie; dan is dit nie 'n hoop wat verdamp die oomblik wat die druk toeneem nie.

    Hoop in Jesus is 'n rotsvaste, sekere hoop. Jy kan staatmaak daarop dat al die dinge wat Hy in die Bybel beloof, vertrou kan word. Hy is altyd getrou. Hy is 'n ewige Rots waarop ons kan staan.

    Die sleutel tot daardie rustige selfvertroue en stille tevredenheid, wat sekere mense uitstraal, is 'n noue wandel met Jesus. Want hoe meer jy Hom leer ken, hoe meer groei jou geloof en hoe groter sal jou geloof en vertroue in Hom wees.

    Geloof is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Knorrigheid is Aansteeklik

    Knorrigheid is Aansteeklik

    1 Korintiërs 13:5 om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie; om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie. (DB) 

    Party dae, is ek knorrig en iesegrimmig. Jy het sekerlik ook dae wat jy knorrig is! Weet jy, knorrigheid is aansteeklik. Hopelik gebeur dit nie te gereeld nie, maar ons weet dit gebeur. Hoe tree jy op as jy knorrig is? Hoe voel dit vir diegene rondom jou?

    Ons weet almal hoe dit voel om in die geselskap van 'n nors persoon te wees. Dit is nie so lekker nie, nè? Trouens, as ons enigsins Mnr of Mev Iesegrim kan vermy, is dit wat ons doen.

    Maar ons dink selde aan hoe dit vir ander mense voel as ons die knorrige een is. Al wat ons weet, is dat ons in 'n vieslike bui is en dat hulle uit ons pad uit moet kom. Enige gevoel van selfbeheersing wat ons dalk gehad het, het met die noorderson verdwyn. Nouja, net ingeval jy jouself in die nabye toekoms in een van daardie buie bevind, kom ons kyk hoe dit strook met:

    1 Korintiërs 13:5 om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie; om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie. (DB)

    Net daar het jy die vier primêre simptome van norsheid: onbeskoftheid, selfsug, humeurigheid en onvergewensgesindheid. Ja, onvergewensgesindheid is seker die mees algemene een. Ons  klou so graag vas aan daardie gevoel dat daar ‘n onreg aan ons gedoen is.

    Herken jy hierdie simptome in jou lewe wanneer jy knorrig is? 

    Maar my vriend, ons lees in die Bybel dat die liefde nie so is nie. Dit is nie onbeskof nie, dit is nie selfsugtig nie, dit word nie maklik kwaad nie en dit fokus nie weer en weer op die verkeerde dinge wat ander mense aan ons gedoen het nie.

    Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Wag Daarvoor

    Wag Daarvoor

    Jesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp. 

    Ons het in die weermag 'n gesegde gehad: “Maak gou en wag.” Dit het gelyk of ons altyd aangejaag word om betyds iewers te wees, net om ure lank te staan en wag vir iets om te gebeur.

    Ag nou ja, ons weet almal dat daardie "maak gou en wag"- irritasie nogal baie in die lewe voorkom. Jy voel onder druk om iewers te kom, om iets te doen … en net daar word jy, deur omstandighede buite jou beheer, vertraag.

    In ons 24/7 aanlyn-digitale-wêreld verwag ons dat dinge onmiddellik moet gebeur. Hoe tree jy op wanneer jy vir ‘n halfuur lank na 'n oproepsentrum se ‘ons-is-nou-by-u’ boodskap moet luister? Ja, ons weet. Ons is nie meer so geduldig om vir dinge te wag nie.

    En tog, om redes wat net aan Homself bekend is, is die idee om te wag vir God belangrik. Nie die soort wat ons laat murmureer, terwyl ons na daardie herhalende boodskappe luister nie, maar dié soort wat ons geduld bou, wat 'n ontvanklike hart in ons kweek.

    Jesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp.

    Ja, terwyl ons wag vir 'n antwoord op gebed, wag Hy ook. Hy wag om genade aan ons te betoon. Hy wil ons seën. Nou waarvoor wag Hy?

    Ons kan nie heeltemal seker wees nie, maar ek is redelik seker Hy wag vir die regte tyd, sy tyd, die tyd wanneer ons hart uiteindelik gereed is. Hy sal die regte ding op die regte tyd doen. Hy sal elkeen seën wat op sy hulp wag.

    So … wag daarvoor.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Hoe om Sterk Te Wees

    Hoe om Sterk Te Wees

    Jesaja 30:15-17 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie; julle het gesê: “Nee, ons sal op perde wegjaag, ons sal vinnige perde ry. ”Dan sál julle vlug, maar julle agtervolgers sal vinniger wees. Duisend van julle sal vlug as één julle bedreig, en as vyf julle bedreig, sal julle aanhou vlug totdat die paar wat van julle oorbly, soos 'n eensame vlagpaal op 'n berg, soos 'n enkele vaandel op 'n heuwel sal wees. 

    Hier is nou vir jou ‘n ware paradoks: wanneer ons op ons swakste voel, het ons krag die nodigste. Dit is wanneer dit lyk of ons krag ons verlaat het, dat dit ons grootste behoefte word.

    Wanneer dinge goed gaan, voel ons nie dat ons meer krag nodig het as wat ons reeds het nie. Hoekom sou ons nou krag kortkom? Maar dit is presies waar ons in 'n valse gevoel van sekuriteit ingesuig word, want wanneer ons halsoorkop in ‘n uitdagende situasie instorm, verdamp daardie selfvertroue wat ons net 'n oomblik gelede gehad het, soos mis voor die môreson.

    Watter keuse gaan ons nou maak? Nou hoe dink jy? Ons kan ons óf na God wend om ons deur daardie situasie te help, óf ons kan op menslike krag staatmaak. En, kom ons kyk hoe noodsaaklik dit is om in daardie situasie die regte keuse te maak.

    Jesaja 30:15-17 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie; julle het gesê: “Nee, ons sal op perde wegjaag, ons sal vinnige perde ry. ”Dan sál julle vlug, maar julle agtervolgers sal vinniger wees. Duisend van julle sal vlug as één julle bedreig, en as vyf julle bedreig, sal julle aanhou vlug totdat die paar wat van julle oorbly, soos 'n eensame vlagpaal op 'n berg, soos 'n enkele vaandel op 'n heuwel sal wees.

    Die kontras tussen die uitkomste van die keuses is hemelsbreed. Besluit op wie jy gaan vertrou - op God, óf op menslike krag. Daar is net een manier om sterk te bly - julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Dis reg: Gaan na God, bly kalm en vertrou op Hom.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    ‘n Instrument van die Here

    ‘n Instrument van die Here

    Psalm 34:18-20 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal. 

    Ons lees dwarsdeur die Ou en Nuwe Testament van God se reddende hand. En dit is goeie nuus. Trouens, dit is wonderlike  nuus. Ja, wanneer ons in die moeilikheid is, is God by ons om ons daardeur te help.

    Ek is seker dat jy, net soos ek, tye in jou lewe gehad toe jy sy reddende hand, sy krag en sy aanmoediging nodig gehad het om jou uit 'n gevaarlike situasie te red. 

    In Psalm 34 besing Dawid, die koning van Israel, God se getrouheid waar hy homself in talle gevaarlike situasies bevind het:

    Psalm 34:17-19 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.

    Wat 'n wonderlike bevestiging van God se getrouheid in tye van teëspoed en benoudheid. Hy hoor ons geroep. Hy red ons. Die Here is naby die gebrokenes van hart. Hy help die moedeloses.

    Halleluja! Maar weet jy, soms doen Hy al daardie dinge deur een van sy kinders, deur een van ons. Soms beplan Hy om iemand deur jou en my te antwoord, te help, te troos en te red.

    Is jy gereed? Sal jy na Hom luister? Wat 'n voorreg is dit tog om 'n instrument in die Here se Hand te wees, 'n spesiale houer, gereed vir elke goeie werk! Maar weet jy dat dit 'n prys van jou gaan vra? Daar is altyd ‘n prys aan verbonde. Ons is geroep om navolgers van die Here Jesus te wees. Dis wonderlik, maar onthou, Hy het vir ons aan die Kruis gesterf. Nou goed, kan ek jou weer vra? Is jy gereed? Sal jy gaan?

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Moenie Speletjies Met God Speel Nie

    Moenie Speletjies Met God Speel Nie

    2 Timoteus 2:20,21 In ’n rykmanshuis is sommige gebruiksartikels van goud en silwer, en ander weer van hout en klei. Die kosbare artikels word by spesiale geleenthede gebruik en die goedkoperes is vir gewone gebruik. As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak. (NLV) 

    As kinders het ons graag ons ouers se geduld getoets. Ons wou sien hoe ver ons hulle kon druk en ons wou ontdek waarmee ons kan wegkom. Dit is alles deel van grootword, nè?

    Maar as volwassenes is ons sekerlik klaar met daardie speletjie. Regtig? Nee! Soveel mense gaan voort met hul speletjie om te sien hoe hulle vir God kan toets. Eerder as om te vra: "Hoe kan ek Hom bo alles eer?" dink hulle eerder: "Met hoeveel kan ek wegkom?"

    Verbeel ons ons dat God dom is, dat Hy nie gaan agterkom hoe ons verbrou nie en dat daar nie gevolge van ons dade gaan wees nie? Die waarheid is dat Hy sy beste bêre vir diegene wat Hom eer:

    2 Timoteus 2:20,21In ’n rykmanshuis is sommige gebruiksartikels van goud en silwer, en ander weer van hout en klei. Die kosbare artikels word by spesiale geleenthede gebruik en die goedkoperes is vir gewone gebruik. As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak.  (NLV)

    Kom ons begin met die houers van hout en klei vir "gewone gebruik". Dit is die houers wat gebruik word om die vullis in te stort. In skrille kontras daarmee, is die voorwerpe van goud en silwer. Hulle word as heilig en nuttig vir die Meester, oftewel die Huiseienaar, afgesonder en is gereed vir enige goeie gebruik.

    Terwyl jy nou daardie twee beelde verwerk, kom ons kyk weer na hierdie speletjie wat mense met God wil speel, om Hom uit te toets om te sien waar sy grense is.

    Sê my: watter een van daardie beelde sal jy vir jou lewe kies? Dit is maklik, nè? Hou dus op om speletjies met God te probeer speel. Reinig jouself van dit wat oneerbaar is, want op een of ander manier is daar altyd gevolge.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Moenie die Duiwel Vatkans Gee Nie

    Moenie die Duiwel Vatkans Gee Nie

    Efesiërs 4:26,27 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie. 

    Ek is seker jy het opgemerk dat mense deesdae baie kwaad in hulle ronddra. Ja, ek weet, daar is inderdaad genoeg dinge in die wêreld aan die gang om ‘n mens die hele tyd kwaad te maak: mense, politiek, omstandighede, houdings, noem maar op.

    Woede kom dikwels na vore wanneer ons onder druk is. Iemand kyk jou net skeef aan, en dan byt jy sy kop af. Natuurlik is woede soms geregverdig. Jy is sekerlik tog daarop geregtig om kwaad te word wanneer iemand leuens oor jou vertel? Verseker!

    Ja, en ons weet dat selfs God uiteindelik kwaad word, al is Hy genadig en stadig om kwaad te word. Maar daar is twee dinge wat ons in ons woede doen, wat ons nooit moet doen nie.

    Efesiërs 4:26,27 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie.

    Wanneer ons nie ons woede beheer nie, laat die duiwel ons eerstens sondig deur beheer te verloor; om wraak te neem; om iemand in gelyke munt te wil terugbetaal of om af te daal tot die vlak van dié een wat dit in die eerste plek veroorsaak het.

    Die tweede ding wat die duiwel doen, is om vir die res van die dag daardie swart wolk oor ons te laat hang. En die tragiese ding is dat daardie onweerswolk van onvergewensgesindheid by sommige mense, tot 'n wortel van bitterheid ontwikkel ... en hulle vir die res van hul lewens treiter! Maak dit ooit sin? Nee. Jou onvergewensgesindheid maak daardie persoon wat jy weier om te vergewe, moontlik die mees invloedryke persoon in jou lewe. Is dit slim?!

    Meer nog: dit maak die deur vir die duiwel wawyd oop om jou lewe te verniel en jou afwaarts te laat tol. Hierso is ‘n woord van waarskuwing: Moenie deur jou woede vir die duiwel 'n vatkans gee nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Haat Jou Sonde

    Haat Jou Sonde

    1 Timoteus1:15,16 Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek 'n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry. 

    Dit is verstommend hoe gereeld ons die splinter in iemand anders se oog raaksien en hom oordeel, terwyl ons blind is vir ons eie swakhede en mislukkings. As ons maar net so ‘n groot afsku van ons eie sonde gehad het, as van ander mense s'n.

    Dit is waar, nè? Ander mense irriteer ons, en ons oordeel hulle, en droom oor hoe ons hulle kan terugkry. En al doen ons nie regtig iets teen hulle nie, brom ons nietemin in ons harte. Ons loop steeds rond met 'n siniese houding teenoor hulle. Ons dink dat ons daarop geregtig is om so te voel en dat dit ook in God se oë heeltemal reg sal wees.

    Ek vind die nederige en beskeie gesindheid van die apostel Paulus so boeiend:

    1 Timoteus 1:15,16 Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek 'n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry.

    Voordat hy Jesus ontmoet het, was Paulus beslis nie ‘n katjie wat jy sonder handskoene kon aanpak nie. Hy het Christene genadeloos vervolg. Maar eers nadat hy Jesus van aangesig tot aangesig ontmoet het, het hy besef dat hy die ergste onder alle sondaars was en dat Jesus, ten spyte daarvan, vir hom kom red het.

    Ja, dink mooi daaraan: ons sonde is alte dikwels soveel erger as die mense s’n, wat ons so maklik oordeel. Ten spyte daarvan, ja, inderdaad as gevolg daarvan, het Jesus gekom om te midde van ons swakhede, deur sy dood aan die Kruis; sy onbeperkte geduld en genade te bewys.

    Hou op om ander te oordeel.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Logo

    © 2024 Podcastworld. All rights reserved

    Stay up to date

    For any inquiries, please email us at hello@podcastworld.io