Logo

    geregtigheid

    Explore "geregtigheid" with insightful episodes like "Ons hoop in Christus: Die Here is by jou en hoor jou gebede", "Pastoraal: Het ek die onvergeeflike sonde gepleeg?" and "Saam-Geroep vir Geregtigheid" from podcasts like ""Radio Scriptura", "Radio Scriptura" and "Kruiskerk Stellenbosch"" and more!

    Episodes (3)

    Ons hoop in Christus: Die Here is by jou en hoor jou gebede

    Ons hoop in Christus:    Die Here is by jou en hoor jou gebede

    Die gelowige psalmdigter van Psalm 10 roep uit na die Here sy God, omdat hy weet dat God hom altyd hoor. Hy begin sy uitroep om hulp met gebed tot sy hemelse Vader, Hoëpriester en Profeet, wat altyd antwoord. Hy hardloop met sy wanhopige emosies in God se veilige teenwoordigheid in, omdat hy net in God 'n vaste anker en 'n lig in sy donker stryd kan vind. God is altyd naby, alhoewel ons regdeur ons christenreis op aarde die worstelstryd moet stry teen sonde en boosheid. Wees verseker; God is koning vir ewig en vir altyd, en Hy sal geregtigheid laat seëvier op Sy soewereine tyd.

    Pastoraal: Het ek die onvergeeflike sonde gepleeg?

    Pastoraal:  Het ek die onvergeeflike sonde gepleeg?

    In hierdie episode gesels die Scriptura span oor die onvergeeflike sonde. Dikwels twyfel christene of hulle al skuldig was daaraan, en of hulle vergewe kan word daarvoor. Christene worstel en sukkel meestal met hierdie vraag oor sonde: Kan wedergeborenes die onvergeeflike sonde pleeg? En nog ander wonder weer of gelowiges hoop op vergifnis kan hê as hulle sonde gedoen het. Wat beteken dit om teen die Heilige Gees te laster, en wat is dan die sonde tot die dood?

    00:00 Pastoraal: Onvergeeflike Sonde
    02:45 Het ek dalk die onvergeeflike sonde gepleeg?
    05:00 Kan christene in sonde val?
    14:42 Watter hoop is daar dat God ons sal vergewe?
    20:51 Gereformeerde leerstelling van die volharding van die heiliges/wedergeborenes.
    22:11 Gereformeerde Laerskool Bellville advertensie.
    23:00 Is daar 'n onderskeid tussen sonde en laster teen die Heilige Gees?
    23:29 Wat is die sonde tot die dood?
    26:22 Nominale christen.
    28:16 Ware berou is onmoontlik sonder die Heilige Gees.
    Subjektiewe tekens/vrugte van wedergeboorte:
    - Bewustheid van sonde
    - Diep berou oor sonde
    - Worsteling met sonde
    - Besorg oor verhouding met God
    - Belei Jesus as Here
    - Verlange na God se woord
    - Soeke na geregtigheid
    30:40 Goddelike berou
    32:09 Sonde tot die dood is die verwerping van Christus
    33:41 Lastering teen die Gees is wanneer ons die werk van satan aan die Heilige Gees toeskryf, of die werking van die Heilige Gees aan die satan toeskryf.
    38:33 Gevaarpunt - verbondskinders wat nie bekeer van sonde nie.
    41:13 Gelowiges kan werklike sekerheid van redding hê.
    42:33 Dordtse leerreëls hoofstuk 5: Par 6 - God laat nie Sy uitverkorenes val nie.

    Skrifgedeeltes:
    Mattheus 12:22-32, Mattheus 7, 1 Korintiërs 6, 1 Johannes 5:16-17, Romeine 8, Hebreërs 6, Romeine 1, Johannes 10, Hebreërs 12:1-3

    Logo

    © 2024 Podcastworld. All rights reserved

    Stay up to date

    For any inquiries, please email us at hello@podcastworld.io