Logo

    potgooi

    Explore " potgooi" with insightful episodes like "Spookasem & Roller Coasters" and "Welkom Op Ons Stoep" from podcasts like ""Stoepsit Potgooi" and "Stoepsit Potgooi"" and more!

    Episodes (2)

    Spookasem & Roller Coasters

    Spookasem & Roller Coasters

    Welkom by Spookasem & Roller Coasters!

    Ons almal het eens op 'n tyd al te doen gehad met iets wat ons nie kan verduidelik nie. Deure wat kraak, fluisterstemme in die donker, of dalk 'n pragtige ryloper in die Klein Karoo wat op 'n geheimsinnige manier net jou kar verlaat na 'n rukkie.

    Of jy nou daarin glo of nie, ons kan nie die feit ignoreer dat daar dalk 'n paranormale deel van die wêreld is wat ons nie kan verstaan nie.

    Die begin koeler raak op die Stoep, maar Wian & Leon is gepanser teen die koue met 'n glas rooiwyn en 'n lang bier om te probeer uitvind of spoke wérklik bestaan. Wat dink jy?

    Hierdie episode se Instagram Digter is die amazing GeelChaos. Besoek GeelChaos se se social media om vir daardie spesiale persoon in jou lewe 'n persoonlike gedig te bestel, en onthou, soms is alles geel, en soms is alles chaos....

    Weereens word die fantastiese Stoepsit kuns gemaak deur Ineffable Digital Designs.

    'n Baie groot dankie gaan uit aan Miss Heidi Kriel vir die ongelooflike mooi Marlboro Moment en "Ghost Stories"!

    Volg Stoepsit Potgooi op Facebook en Instagram
    Volg Ineffable Digital Designs op Facebook en Instagram
    Volg GeelChaos op Facebook en Instagram
    Volg Miss Heidi Kriel op Facebook en Instagram

    Trek 'n stoel nader, skink vir jou 'n glasie en Welkom Op Ons Stoep.

    Tema Musiek: Infraction - Holiday

    Welkom Op Ons Stoep

    Welkom Op Ons Stoep
    WELKOM OP ONS STOEP

    Ons nooi jou uit om die Stoepsit reis saam met ons te begin! In hierdie kort trailer episode gesels Wian & Leon oor die kultuur van Stoepsit, watter sleutelelemente nodig is vir 'n lekker Stoepsit sessie en wat jy kan verwag van Stoepsit seisoen 1.

    Vind ons stoep op Facebook en Instagram as "Stoepsit Potgooi", of stuur vir ons 'n epos na stoepsitpotgooi@gmail.com

    Die fantastiese Stoepsit kuns word gemaak deur Ineffable Digital Designs.

    Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons Stoep.

    Tema Musiek: Infraction - Holiday


    Logo

    © 2024 Podcastworld. All rights reserved

    Stay up to date

    For any inquiries, please email us at hello@podcastworld.io