Logo

    Oolfant se potgooi

    Welkom by oolfant se potgooi. Ons leuse is oos, wes, tuis bes, want ons wil van tuisonderwys ontwerperonderwys maak.
    af67 Episodes

    People also ask

    What is the main theme of the podcast?
    Who are some of the popular guests the podcast?
    Were there any controversial topics discussed in the podcast?
    Were any current trending topics addressed in the podcast?
    What popular books were mentioned in the podcast?

    Episodes (67)

    Laat hulle SPEEL!

    Laat hulle SPEEL!

    Is jou senuwees klaar, want dit lyk of jou kind aldag en heeldag net speel? En nog erger, sê nou net iemand sien hom speel in “skooltyd”? Maar tog kan jy jou so bekommer as jou nie kan of wil speel nie... 

    Kom luister hier hoekom jou instink reg is – hoekom ‘n spelende kind ‘n gesonde kind is,   hoekom speel eintlik amper so belangrik as asemhaal vir jou kind is (en vir jouself ook...ja, jy moet self ook genoeg speel), wat speel nou eintlik is en hoe jy jou kind kan aanmoedig om meer te speel.

    NS: Nuut, en weet nie waar om te begin nie? Begin hier: https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/gratis-verniet/

    Kom loer ook in by https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/ vir kursusse wat ideaal is as jy en jou kind GENOEG tyd wil hê vir SPEEL:

    ·         15-Minuut Afrikaans

    ·         Sinne wat sing

    ·         Kom ons skryf ‘n opstel

    ·         21 dae na sukses as tuisskoolma

    ·         Omvattend Afrikaans Gr1, 2 en 3, wat jy van ons webblad www.oolfant.com af kan bestel.

    Oolfant se potgooi
    afDecember 13, 2023

    Hou hulle vas!

    Hou hulle vas!

    Hou hulle vas! 

    Is jy en jou kind op dieselfde golflengte? Nee, ek bedoel nou regtig: Kan julle mekaar opvang?

    Kom hoor hoekom dit so belangrik is dat daar ‘n sterk band tussen jou en jou kind bestaan, veral as jy bekommerd is oor die waardes wat jou kind in die skool of in die kurrikulum moet leer. Kom hoor hoekom die ouvroustorie van “Kry jou kind nou los van jou rokspante!” regtig uitgedien is, hoekom jy hom maar mag en moet vashou, en les bes, hoe jy die band tussen julle kan smee en versterk, as julle regtig nie op dieselfde golflengte is nie...
     
    Onthou van Augustus 2023 se promosie:
     
    Kry van 14 tot 31 Augustus 2023 25% afslag op een of meer van die volgende kursusse met 'n afslagkoepon  wat ek op die oolfant-webblad en facebookblad sal publiseer op 14 Augustus 2023. 

    ·       15-Minuut Afrikaans

    ·       Sinne wat sing

    ·       Kom ons skryf ‘n opstel

    ·       21 dae na sukses as tuisskoolma

    Jy kry ook 25% afslag op 

    ·       Omvattend Afrikaans Gr1, 2 en 3, wat jy van ons webblad www.oolfant.com af kan bestel.

    Boonop kry jy 4 fantastiese bonusse. Moet dit nie misloop nie!

    Oolfant se potgooi
    afJuly 26, 2023

    ‘n Wenresep vir JOU tuisonderwys

    ‘n Wenresep vir JOU tuisonderwys

    In hierdie potgooi gee ek vir jou ‘n wenresep vir tuisonderwys – en hy het net 4 bestanddele!

    Kom hoor ‘n bietjie wat die kernbestanddele is vir ‘n wenresep vir jóú tuisonderwys. Dis eintlik baie eenvoudig – so eenvoudig soos broodbak. Net ‘n paar kernbestanddele maak ‘n spogbroodjie. 

    Waag dit om jou kop skoon te maak, en jou los te wriemel uit die web van ingewikkelde, moeisame, soms baie vervelige en spannende dae. Fokus op die kernbestanddele. Dit kan regtig gedoen word. Onthou: dis nooit te laat om ‘n nuwe blaadjie om te slaan nie!

    NS: Net om jou te herinner aan oolfant se fantastiese taalkursusse: https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/courses/ 

    Byvoorbeeld: 

    ·        15-Minuut-Afrikaans (R699)

    ·        Sinne wat sing (R799)

    ·        Kom ons skryf ʼn opstel (R700)

    ·        Spel sonder sukkel (R299)

    ·        Die genot van gedigte (R350)

    En nou wil ek jou ‘n guns vra: Skryf asseblief vir my ‘n resensie vir die potgooi, of van een van die kursusse, as jy al een van hulle gekoop het. Vertel vir my hoe julle gesin die kursus gebruik en hoe julle dit vind. Dit kan ander ma’s help, wat in die middel van die wêreld is, en nie weet hoe om hul kind Afrikaans te laat geniet nie. Ek sê solank baie dankie, by voorbaat!

    Oolfant se potgooi
    afApril 03, 2023

    Ontskoling (“Deschooling”): ʼn nuwe dag breek vir jou aan!

    Ontskoling (“Deschooling”): ʼn nuwe dag breek vir jou aan!

    Sukkel jy en jou kind om van die “skool” in julle tuisskool ontslae te raak?   

    In hierdie potgooi kyk ek saam met jou na wat ontskoling ("deschooling")  eintlik is, hoe dit verskil van “unschooling” en wat jy en jou kind kan doen om te “detoks” of van die hardnekkige idees in julle agterkoppe ontslae te raak.  

    Dis daardie idees wat jy eintlik weet al lankal deur navorsing verkeerd bewys is, maar om die een of ander rede steek hulle vas in jou agterkop, en regeer jou en jou tuisskool met ʼn ysterhand. Dit maak jou ongelukkig en onseker en vies vir die penarie waarin jy jou bevind.

    Ontskoling kan jou help om geleidelik (of eensklaps) al die baie laste af te gooi, en jou vry maak sodat jy op ʼn dag besef: Ons is sowaar besig om dit te geniet om te leer en te lewe; ʼn nuwe dag is besig om vir my aan te breek! 

    Ja, dis nooit te laat om eers te stop en te ontskool nie! ʼn Nuwe begin is net om die draai!


    NS: 

    Oolfant se spesiale Black Friday- promosie bevat al 5 oolfant se taalkursusse (wat jou R2847 sou gekos het, as jy dit afsonderlik aankoop), plus 4 fantastiese gratis bonusse, ter waarde van R800. Kyk hier: https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/3-in-1-afrikaans

    Kry hierdie reuse pakket vir net R1999, van 23 tot 30 November 2022. Al die produkte saam, afsonderlik gekoop, sou jou R3647 gekos het. Jy spaar dus R1648! Moet dit nie misloop nie!

    Oolfant se potgooi
    afNovember 22, 2022

    Waarheen is jy op pad met jou tuisonderwys?

    Waarheen is jy op pad met jou tuisonderwys?

    Draai jou kop van al die advies wat jy kry, en trek jou maag op ʼn knop van angstigheid?

    In hierdie potgooi gee ek vir jou 4 stappe om jou te help om vir julle gesin langtermyndoelwitte of ʼn eindbestemming met julle tuisonderwys te bepaal. 


    Wanneer jy weet wat jou eintlike eindbestemming is, begin jou benoudheid bedaar, kan jy begin glimlag en ontspan, selfs al voel dit of jou tuisskoolbootjie deur storms geteister word of in ʼn frustrerende windstilte roerloos lê. Jy kan met selfvertroue die muitery aan boord hanteer. Jy kan ook onderskei  watter advies van die stuurmanne wat aan wal staan vir julle gesin werklik nuttig en van toepassing gaan wees en watter nie. 

    Dit help jou om koers te hou, kom wat wil. Onthou: dis nooit te laat om jou kompas in te stel of ʼn koersaanpassing te maak nie! Jy kan altyd weer begin!

    NS: Nuut, en weet nie waar om te begin nie? Begin hier: https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/gratis-verniet/

    Wil jy graag van oolfant se produkte aanskaf? Ons produkte help jou as tuisskoolma om lekkerder en makliker te tuisskool EN beter resultate te kry. Spesiaal vir jou bied oolfant ‘n gawe Black Friday-promosie aan van 23-30/11/2022! Kry oolfant se 5-in-1-Afrikaans-pakket + 4 bonusse vir net R2000, en spaar amper R1500. Herinner jou vriendinne ook daaraan. 

    Oolfant se potgooi
    afNovember 05, 2022

    Hoe haal ek my kinders uit die skool...en hoe sit ek hulle weer terug?

    Hoe haal ek my kinders uit die skool...en hoe sit ek hulle weer terug?
    In hierdie episode beantwoord ek twee vrae wat ek dikwels kry: 

    ·        Hoe haal ek my kind uit die skool, en 

    ·        Hoe sit ek my kind terug in die skool (as ek moet)

    Al is jou kind klaar uit die skool, en jy beplan miskien om jou kind so nimmer as te nooit weer in die skool te sit nie, is daar gedurig iemand wat mens teëkom wat radeloos is oor hierdie twee vrae. Stuur dit gerus aan.

    Ek vertel ook vir jou kortliks hoe ons Van Oostrums begin tuisskool het, en gee vir jou ʼn idee van dit waarna jy in die volgende oolfant-potgooie sal kan luister. 

    Die skakels waarna ek verwys is:

    https://pestalozzi.org/sluit-aan/ (om aan te sluit by die Pestalozzi Trust) en

    https://www.education.gov.za/Programmes/HomeEducation.aspx (waar jy die registrasievorm van die Dept kan kry)

    Nuut, en weet nie waar om te begin nie? Begin hier: https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/gratis-verniet/

    15-Minuut-Afrikaans is ʼn e-kursus uit die boonste rakke vir kinders vanaf so nege jaar. Dit help jou as tuisskoolma om lekkerder en makliker te tuisskool EN beter resultate te kry. En onthou, Spel sonder sukkel is gratis vir jou ingesluit. Kry die kursus hier: https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/15-minuut-afrikaans 



    Oolfant se potgooi
    afOctober 08, 2022

    Oolfant kry 'n nuwe baas

    Oolfant kry 'n nuwe baas

    Oolfant het van 1 Augustus ʼn nuwe baas. En dis niemand anders nie as Karin van Oostrum van Pestalozzi Trust faam. 

    Luister in hierdie episode:

    ·       na al die planne wat Karin met oolfant het

    ·       hoekom sy besluit het om oolfant te koop

    ·       hoe haar liefde vir Afrikaans haar ook na die liefde van haar lewe gelei het

    Kry hier meer inligting oor die oolfant kursusse:

    https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/

    Oolfant se potgooi
    afJuly 27, 2022

    Vir tye wanneer jy net so moeg is

    Vir tye wanneer jy net so moeg is

    “Ek vind myself verby gedaan,” so skryf ʼn uitgeputte ma onlangs vir my.

    Sy vertel van die twee keer wat hulle in die laaste jaar getrek het. Van die nuwe baba. En dat die blote gedagte om nuwe Wiskunde konsepte aan haar negejarige en sewejarige te verduidelik oorweldigend voel. 

    En dan vra sy moedeloos: “Wat stel jy voor vir die tye van die lewe wat Mamma net moeg is?”

    As jy so ʼn mamma is wat vandag net op is, in hierdie episode gee ek vir jou my 5 punt-plan om net weer moed te skep.

    Oolfant se potgooi
    afJuly 13, 2022

    Drie anderster vaardighede om jou kind te leer

    Drie anderster vaardighede om jou kind te leer

    In hierdie episode deel ek graag met jou drie anderster vaardighede deel wat ek dink elke liewe tuisgeskoolde kind moet hê. En ek gebruik stories om dit vir jou te verduidelik. So, hierdie episode is 'n lekker ene om saam met jou kinders te luister.

    • Kom hoor die storie van die rooftog in die klaskamer.
    • En die een van die seuntjie wat met die ketel gespeel het.
    • En die een van die vrou wat nie geweet het hoe om haar eie skottelgoed te was nie.
    Oolfant se potgooi
    afJune 29, 2022

    “My tuisskool was 'n flop”

    “My tuisskool was 'n flop”

    ʼn Tuisskoolma het so ʼn week of wat gelede uitgereik omdat sy ontsteld was. Sy het haar kind formeel laat evalueer, omdat haar veertienjarige daarop aandring om terug te gaan skool toe. En die uitslae wat beroerd. 

    Ek was ook al daar. Daar was ʼn geleentheid toe my seun Johannes ook omtrent so veertien was en ons besluite oor hoërskool moes begin neem het. Ek het hom laat evalueer deur ʼn opvoedkundige sielkundige. Ramp! Maar ons het dit oorkom en deesdae is Johannes ʼn A-student. 

    Om ʼn greep te kry op die probleem as jy in jouself begin twyfel, verduidelik ek in hierdie episode vir jou hoe ʼn mens se brein werk. Kom leer hoe om jou vrese te oorkom en soortgelyke probleme op ʼn kreatiewe en effektiewe manier op te los.

    Kom kry hoop. Kom kry raad wat regtig werk.

    Oolfant se potgooi
    afJune 15, 2022

    Kry so selfvertroue in tuisonderwys

    Kry so selfvertroue in tuisonderwys

    As mens tuisskool, smag jy so baie keer na daardie “ek weet presies wat ek doen” gevoel. Die selfvertroue, die vaste wete dat jy op die regte pad is. In hierdie potgooi wil ek vir jou die vier stappe gee wat jou uiteindelik gaan lei tot by “ek weet presies wat ek doen as tuisskoler.”

    Die groot probleem vir die meeste van ons, is dat ons daardie gevoel op die verkeerde tydstip verwag. Vir hierdie episode maak ek staat op ʼn bekende video oor entrepreneurskap deur die skrywer en denker Dan Sullivan met die naam “The four C’s”. Maar toe mooi daarna luister kom ek agter sy proses werk eintlik baie goed vir iets soos tuisskool ook.

    Net so tussen hakies. In Engels is dit mooi netjies vier woorde wat met ʼn C begin wat die proses uitstippel. In Afrikaans werk dit nie so presies uit nie. Maar tog was dit vir my verskriklik waardevol om in Afrikaans deur hierdie stappe te dink, want die toeganklikheid van die Afrikaanse woorde, die feit dat ek hulle uitmekaar kon haal, het my baie gehelp om dit beter te verstaan. En ek dink dit gaan vir jou ook van baie waarde wees.

    Oolfant se potgooi
    afJune 01, 2022

    Moet ek oorskakel na Engels as voertaal?

    Moet ek oorskakel na Engels as voertaal?

    ʼn Vraag wat ek nogal dikwels kry is die een oor die taal van onderrig. 

    Of om die vraag meer spesifiek te stel: moet ek oorskakel Engels toe.

    In hierdie potgooiepisode deel ek graag met jou twee vrae oor voertaal en my antwoorde daarop. Dit kan jou dalk ook help as jy met hierdie kwessie spook. 

    Maar daar is ook wenke as jou kinders voel hulle is nie goed genoeg voel nie. 

    En hoe jy as ma makliker besluite kan neem.

    Oolfant se potgooi
    afMay 18, 2022

    Kry so jou energie terug

    Kry so jou energie terug

    As ʼn ma het jy baie ysters in die vuur. 

    Kos en klere van jou gesin. 

    Hulle gesondheid, hulle hele welstand. 

    ʼn Huishouding wat jy flink probeer bestuur. 

    En as jy ʼn tuisskoolma is raak jou werklading nog groter. Die kinders se hele leerplan, om hulle self te leer lees en skryf of seker te maak hulle doen die werk as julle ʼn voorgeskrewe kurrikulum gebruik. 

    En talle tuisskoolma’s het baie keer nog ʼn bedryfie op die kantlyn aan die gang om gaatjies in die huishouding toe te stop. 

    In hierdie week se potgooi wil ek vir jou vier tegnieke gee oor hoe jy jou energievlakke hoër kan kry. Al vier is maklik om uit te voer, vat nie baie tyd nie, maar kan ʼn reuseverskil in jou dag maak.

    Oolfant se potgooi
    afMay 04, 2022

    6 dinge wat jy met jou 6-jarige moet doen

    6 dinge wat jy met jou 6-jarige moet doen

    Wat moet ek met my voorskoolse kind doen, vra elke ma haarself af as haar kind naby skoolgaande ouderdom kom. Hoe weet ek ek doen genoeg? Doen ek te veel? Hoe stimuleer ek my kind sonder om hom of haar moeg te maak vir leer?  

    In hierdie week se potgooi deel ek graag met jou die antwoord op die vraag: watter ses dinge moet jy met jou sesjarige doen? 

    Maar daardie titel is net gekies omdat dit ʼn lekker opskrif gemaak het. Die ses dinge wat ek vandag met jou wil deel, is eintlik goeie idees vir die hele grondslagfase tot omtrent so by nege jaar oud.

    Hierdie episode is gebaseer op ʼn artikel wat Louise Bodenstein van Otjiwarongo in Namibië jare gelede vir my geskryf het. Maar die raad daarin is so goed en so prakties en so uitvoerbaar dat ek dit graag in potgooiformaat ook met jou wou deel.

    Oolfant se potgooi
    afApril 20, 2022

    Gaan dit in die eksamen wees?

    Gaan dit in die eksamen wees?

    Die bemarkingskenner Seth Godin, wat beslis ook ʼn bietjie van filosoof is, het laat in 2021 in een van sy e-posse gepraat oor die gevaar om altyd te vra: gaan dit in die eksamen wees?

    Daardie vraag veroorsaak dat ons kinders nie regtig leer nie. Hulle leer net om eksamens deur te kom.

    Dis iets wat ons as tuisskolers taamlik frustreer. En ek dink dis een van die hoofredes waarom baie van ons besluit het om te begin tuisskool. 

    Jy weet nou al ek sê gedurig ons wil graag van ons kinders lewenslange leerders maak. Ons wil dit sover as moontlik vir ons kinders lekker maak om te leer sodat hulle vir altyd wil aanhou om te leer.

    Hoe kan ons dit doen? Hoe kan ons wegbeweeg van die ewige vraag: gaan dit in die eksamen wees?

    ʼn Beter vraag om te vra, so sê Godin, is om te vra gaan dit in jou portefeulje wees? 

    En dan gee hy sewe wonderlike eienskappe en ingesteldhede waarmee ons kan rondspeel.

    In hierdie potgooi-episode wil ek ʼn paar gedagtes met jou hieroor deel.

    Oolfant se potgooi
    afApril 07, 2022

    Hoekom bietjie werk elke dag so goed werk

    Hoekom bietjie werk elke dag so goed werk

    Jy weet nou al ek ʼn groot voorstander is van die leuse bietjie werk plus elke dag. 

    In hierdie week se potgooi wil ek vir jou drie redes gee waarom ek so baie van hierdie leuse hou.

    En dan wil ek met jou ʼn baie interessante storie deel wat duidelik vir jou gaan wys hoekom dit werk.

    Oolfant se potgooi
    afMarch 24, 2022

    Jy kan kies hoe jy wil voel

    Jy kan kies hoe jy wil voel

    Emosie IS hoe ons hierdie fisiese lewe in ons lywe ervaar. Daarom is gevoelens nooit verkeerd nie, maar ʼn noodsaaklike deel van ons aardse bestaan.  

    ʼn Lewe sonder emosie sal taamlik saai wees.  

    Die probleme met ons gevoelens kom in as ons sekere emosies uit gewoonte ervaar en nie eens agterkom hoe ons hulle self met ons eie gedagtes skep nie. Voeg dan nog verder die skuld en skaamte oor negatiewe gevoelens soos irritasie of aggressie wat ons ervaar en nou raak ons in die moeilikheid oor ons emosies. 

    Baie van ons, en veral van ons tuisskoolma’s wat so idealisties voel oor ons kinders en dat ons hulleself wil opvoed, doen dan die enigste ding wat ons dink sal kan werk. Ons onderdruk ons emosies.

     Maar dit skep nog meer probleme want op een of ander stadium kom daardie emosies tot uitbarsting.

    In hierdie week se potgooiepisode praat lewensafrigter en self op haar dag ʼn tuisskoolma, Lindi Potgieter oor ʼn meer konstruktiewe 4-stap-proses waarmee mens jou emosies kan hanteer. Die mooiste daarvan is as jy self eers die stappe bemeester het, jy dit ook vir jou kinders kan leer.

    Op 22 Maart 2022 bied Lindi ʼn gratis meesterklas aan wat sy noem: Word jou krag. Dan gaan sy in meer diepte ingaan op maniere om jou emosies beter te kan hanteer. Sy bied die klas aanlyn aan van 20:00 tot 21:30.  

    As jy nie die klas op daardie tyd kan bywoon nie, maar graag na die opname daarvan wil kyk, onthou om te registreer sodat jy die inligting kan kry.

    Meer inligting HIER.

    Oolfant se potgooi
    afMarch 08, 2022

    Voed jou kind se siel op hierdie kreatiewe manier

    Voed jou kind se siel op hierdie kreatiewe manier

    Collette van Rheede van Oudtshoorn is ʼn tuisskoolma van vyf. Maar Collette is ook ʼn passievolle kunstenaar. En nou het sy ʼn kunsprogram in die vorm van ʼn e-boek beskikbaar om die lewe vir ander ma’s soos jy bietjie makliker te maak.

    Haar visie was om ʼn gebruikersvriendelike kunskurrikulum aanmekaar te sit wat Bybelbaseer is.  

    “Ek word deur die Skrif inspireer vir my kuns en dit voel vir my of kinders en selfs grootmense die Bybelverse baie beter onthou as dit visueel ook uitgebeeld word. Die assosiasie verskerp die geheue,” verduidelik Collette.  

    Vir hierdie kunskurrikulum van haar is die tema geestelike identiteit. En sy hanteer konsepte soos:

    ·         Jy is spesiaal

    ·         Jy is gekies

    ·         Jy het spesiale DNS

    ·         Jy is ʼn legkaartstukkie op die aardbol ... gekies vir ʼn doel 

    ·         Jy is beplan

    ·         Jou naam is kosbaar 

    Deur die jare het Collette al baie kunsgroepe gelei en het die kurrikulum prakties met haar eie kinders maar ook in hierdie groepe getoets. Hierdie e-boek van haar bied vir jou ʼn jaar se kuns wat op verskillende ouderdomsvlakke aangebied kan word. 

    In hierdie week se potgooi-episode gesels ek met haar daar al die pad van Riversdal in die Wes-Kaap af. Kom hoor onder andere:

    ·         Hoe sy kuns aangepak het met haar dogter wat nie so kunssinnig soos sy is nie

    ·         Hoekom sy aanbeveel dat mens ʼn kunsprojek soms vir ʼn ruk laat lê

    ·         Hoe sy ervaar hoe en hoekom kuns haar kinders en studente se lewens verryk

    Kry meer inligting hier:

    https://www.creativeartpages.com/

    Maar volg Collette gerus ook op Facebook as jy dalk haar gratis visiebord wil aflaai. Hier is die plek om dit te doen: 

    https://www.facebook.com/CollettevanOudtshoorn

    Oolfant se potgooi
    afFebruary 23, 2022

    Pen en papier steeds die beste manier

    Pen en papier steeds die beste manier

    In hierdie week se potgooi dink ek na of dit enigsins nog nodig is dat ons ons kinders met pen en papier moet laat skryf. Wees oopkop saam met my en kom ons kom saam agter die kap van die byl oor die redes waarom ons steeds ons kinders op papier moet laat skryf.

    Vind onder andere uit:

    • van die drie groot voordele wat neerskryf inhou
    • hoe jy ʼn praktiese kind makliker aan die skryf kan kry
    • hoe jy jou kunssinnige kind kan inspireer om meer te skryf
    • wat die een belangrike ding is wat jy oor skryf moet verstaan
    • hoe raad van Charlotte Mason jou kan help met die skryftameletjie
    Oolfant se potgooi
    afFebruary 09, 2022

    Die waarde van taalontwikkeling? Legio!

    Die waarde van taalontwikkeling? Legio!

    Hoekom is dit so ʼn goeie belegging van jou tyd om soveel aandag aan taalontwikkeling te gee? Die voordele van goeie taalvaardighede is legio. Soos dat jou kind:

    • makliker leer lees
    • vinniger vlot leer lees
    • beter leesbegrip het
    • vinniger kan lees
    • minder foute maak wanneer hulle lees
    • makliker kan memoriseer
    • verduidelikings kan volg (dink byvoorbeeld aan wiskunde...)
    • die hoofgedagte van ʼn stuk skryfwerk makliker identifiseer (dit help so baie as hy of sy opsommings moet maak).

    Maar kinders met goeie taalontwikkeling skryf ook beter. Spel ook beter. En hulle kry enige taalwerk makliker onder die knie. 

    In hierdie week se potgooi gesels ek met spraak- en taalterapeut Hannekie Verwoerd. Na die gesprek was ek weer eens verstom oor die waarde daarvan om moeite te doen met jou kind se taalontwikkeling. En dit begin deur hardop vir jou kind voor te lees.  

    Drie maande se gratis inskrywing van Luistervink Stories, Hannekie se webwerf, is een van die heerlike bonusse in die oolfant promosie wat nog tot die einde van die maand aan die gang is. Ek het opnuut besef dat deur net stories te luister op Luistervink Stories, 'n magdom van ontwikkeling plaasvind wat jou kinders vorentoe in hulle lewe gaan bemagtig en jou werk as ma verskriklik gaan vergemaklik.  

    Die grootste geskenk wat Luistervink Stories 'n kind gee, is 'n ryk en genuanseerde woordeskat, insig in taalgebruik en natuurlik die vermoë om inligting deur die ore in te neem, wat 'n krities belangrike vaardigheid vir enige lid van die menslike ras sal bly.

    Soos wat Hannekie dit stel: “Dit voel amper soos kroek, maar die kind met goeie taalvaardighede hoef nooit vir Afrikaans te leer nie, buiten om die dag voor die eksamen gou deur die handboek te blaai en seker te maak hy verwar nie onomatopeë en pleonasme nie.”

    Buiten vir Luistervink Stories is daar ook genoeg taalwerk, Wiskunde, Geskiedenis en selfs Aardrykskunde in hierdie pakket sodat jy jou jaar op ʼn hoë noot kan begin met ʼn lekker, maar stewige leerplan waar al die harde werk klaar vir jou gedoen is.

    KLIK HIER om na hierdie aanbod te gaan kyk. Onthou, die spesiale bonusse is net tot 31 Januarie 2022 beskikbaar. 

    Oolfant se potgooi
    afJanuary 26, 2022
    Logo

    © 2024 Podcastworld. All rights reserved

    Stay up to date

    For any inquiries, please email us at hello@podcastworld.io