Logo

    Oolfant se potgooi

    Welkom by oolfant se potgooi. Ons leuse is oos, wes, tuis bes, want ons wil van tuisonderwys ontwerperonderwys maak.
    af67 Episodes

    People also ask

    What is the main theme of the podcast?
    Who are some of the popular guests the podcast?
    Were there any controversial topics discussed in the podcast?
    Were any current trending topics addressed in the podcast?
    What popular books were mentioned in the podcast?

    Episodes (67)

    “Dis hoekom jou kinders vir hulleself moet leer dink”

    “Dis hoekom jou kinders vir hulleself moet leer dink”

    “Ons het die hele wêreld daarbuite. Dis soos hierdie buffet waarvan jy kan afeet. Gaan soek die disse wat jy van hou en wat jou opgewonde maak.”

    Aan die woord is tuisskoolma, Lizelle Rademeyer. En hierbo is haar gedagtes oor die vryheid wat tuisonderwys mens bied. Sy het drie kinders en is nou regtig ʼn Wiskunde-entoesias.

    In hierdie week se potgooiepisode praat ons Wiskunde Olimpiades en hoekom Lizelle haar kinders daaraan laat deelneem. (Terloops, hulle vaar uitstekend daarmee. )

    Lizelle deel ook haar idees hoekom mens nie vir jou kinders reseppies in Wiskunde moet leer nie. 

    Ons praat oor haar Wiskunde produkte, Somme(r) Pret en hoe dit geleidelik en baie organies ontwikkel het omdat sy vir haar eie kinders maniere wou kry om Wiskunde meer te geniet. Sy vertel van die kitsgids Wiskunde in ʼn neutedop wat sy saamgestel het en sy verduidelik hoekom dit belangrik is dat jou kind die terminologie van die vak moes leer. 

    Kom hoor ook van die Rademeyers se interessante gewoonte om aan die begin van die jaar almal koppe bymekaar te sit en saam-saam te besluit watter uitstappies hulle die jaar gaan aanpak en ook wat hulle die jaar gaan leer.

    Dis ʼn lekker gesprek vol wysheid van ʼn gesoute tuisskoolma wat haar ervaring vrygewig met jou deel. Geniet dit. 

    Hier is meer inligting oor Wiskunde Olimpiades:

    Living maths Graad R - 9 - https://www.livingmaths.com/?page_id=245

    SAMF Graad 4 -12 - samf.ac.za/

    Wits Graad 4 - ondergegradueerdes - https://wmc.ms.wits.ac.za/

    Daar is ook nog Conquesta, maar daarvoor moet mens 'n groep maak, want die minimum inskrywing is R1000 (Jy't dus 'n groep van ongeveer 10 kinders nodig om saam in te skryf) Graad R - 9 - conquestaolympiads.com/

    Ek is trots dat Lizelle se Alles-in-Een-Wiskundebondel met 34 produkte, insluitende Wiskunde in ʼn Neutedop, waarvan ons gepraat het, hierdie Januarie deel uitmaak van die oolfant Begin-van-Jaar-pakket. Hierdie pakket bevat alles wat jy nodig het om 2022 weg te spring met ʼn eklektiese leerplan. En om so al die vryheid en voordele daarvan om jou eie ding te doen te kan beleef.

    Buiten die Wiskunde is daar ook genoeg taalwerk, stories, Geskiedenis en selfs Aardrykskunde in hierdie pakket sodat jy jou jaar op ʼn hoë noot kan begin met ʼn lekker, maar stewige leerplan waar al die harde werk klaar vir jou gedoen is.

    KLIK HIER om na hierdie aanbod te gaan kyk. 

    Onthou, die spesiale bonusse is net tot 31 Januarie 2022 beskikbaar. 

    Oolfant se potgooi
    afJanuary 19, 2022

    Hoe om sonder 'n bokskurrikulum te tuisskool

    Hoe om sonder 'n bokskurrikulum te tuisskool

    In hierdie episode gaan jy leer hoe om sonder ʼn bokskurrikulum te tuisskool selfs al het jy nie ʼn idee waar om te begin nie.

    Kom vind uit wat die drie geheime oor onderwys is wat jou vir altyd anders na tuisskool sal laat kyk. 

    Leer ook van ʼn eenvoudige 4-pilaar-raamwerk wat jy kan gebruik om seker te maak jy bly op koers as ʼn eklektiese tuisskoler.

    Vir meer inligting oor die oolfant spesiale aanbod wat tans aan die gang is, gaan na oolfant.com.

     

    Oolfant se potgooi
    afJanuary 13, 2022

    Gesoute tuisskoolma se 7 geheime vir tuisskoolsukses

    Gesoute tuisskoolma se 7 geheime vir tuisskoolsukses

    Vir hierdie heel laaste potgooiepisode van 2021 is dit vir my baie lekker om met ʼn gesoute tuisskoolma te gesels en al haar raad en wenke om van tuisonderrig ʼn sukses te maak met jou te deel.

    Ek gesels met Willemien Kruger, die skepper van Omvattend Afrikaans.

    Sy het drie kinders en het met elkeen van hulle ʼn ander matriekroete geloop. Haar dogter, wat nou 21 jaar oud is, het uitmuntend met Cambridge gevaar en het met die beste punt in die hele land weggestap vir Afrikaans op A-vlak. Sy het ook uitstekende uitslae in veral Wiskunde behaal.

    Maar vir haar jonger seuns het Willemien-hulle ʼn ander roete gevolg. In die onderhoud verduidelik sy baie mooi hoekom.

    Luister verder na wat sy sê oor: 

    ·         Hoe belangrik dit is om eers ʼn roetine te vestig voordat jy jou oor kurrikulum begin kwel

    ·         Dat tuisonderrig eintlik ʼn lewenstyl is en die avontuurlike manier waarop hulle gesin dit aangepak het

    ·         Hoekom dit so nodig is dat jy presies weet wat jou visie en hoe om seker te maak jy hou by daardie visie

    Kry hier meer inligting oor Willemien se tuisskoolprodukte: 

    https://www.homeschooling-curriculum-guide.com/homeschooling-products-services.html

    Oolfant se potgooi
    afDecember 08, 2021

    Reis sing-sing en speel-speel deur Suid-Afrika

    Reis sing-sing en speel-speel deur Suid-Afrika

    Hierdie week stel ek graag twee tuisskoolma’s bekend wat ʼn Aardrykskunde kurrikulum vir hulle eie kinders ontwikkel het wat hulle graag saam met ander ma’s in ʼn ko-op wou gebruik. Maar soos wat die jaar aangestap het, het Annerien Potgieter en Martie Erasmus besef die leerplan is so heerlik dat hulle besluit het om ʼn boek daarvan te maak en dit ook aan ander ma’s beskikbaar te stel.

    Die boek is in 13 hoofstukke verdeel, een oor elke provisie van Suid-Afrika. Verder ook die inleidende hoofstuk oor waar Suid-Afrika in die groter kontinent van Afrika inpas. Die slothoofstukke is samevattings wat ook  ʼn skattejag insluit.

    Luister gerus na hierdie episode en

    ·         Hoor hoe sing die jonge Potgieters en Erasmusse die liedjie oor die Noord-Kaap 

    ·         Onthou al liedjies in die boek is HIER op YouTube beskikbaar as julle dit ook wil leer

    ·         Wat jy met ʼn walvis in hierdie boek gaan doen

    ·         Hoekom jy as ma elke keer as julle Dag 9 van elke hoofstuk tref, sooo bly gaan wees

    ·         Hoe jy maklik jonger kinders (jonger as 8 jaar) by die aktiwiteite kan betrek

    As jy belangstel om die boek te koop, stuur ʼn e-pos na die bestellings@lampmedia.co.za of kontak vir Annerien op WhatsApp by 079 491 9160. Die boek kos R350 plus posgeld.

    Oolfant se potgooi
    afDecember 01, 2021

    'n Makliker manier om te tuisskool

    'n Makliker manier om te tuisskool

    Is jy moedeloos omdat jou kinders so oorwerk is?

    Breek jou hart as hulle moeg-moeg aangeslof kom om hulle werk te doen?

    Sê jy vir jouself dis nie wat jy in gedagte gehad het toe jy begin tuisskool het nie?

    As jy maar net die moed kon kry om jou eie leerplan saam te stel?

    Maar hoe doen jy dit? En hoe maak jy seker jy dek al die belangrike goed in jou onderwysplan?

    Bemagtig jouself!

    Spring volgende jaar met jou eie leerplan weg. 

    Bring die vreugde terug na tuisonderrig.

    Oolfant se Black Friday Promosie bied jou ALLES wat nodig is om dit te doen

    Hier is die hele wonderlike spesiale aanbod wat geldig is tot en met 30 November 2021. 

    Al 5 oolfant gewilde taalkursusse ter waarde van R 2847

    +

    3 wonderlike GRATIS bonusse

    1. GRATIS Geskiedenispretboek van Edusense ter waarde van R290

    2. 3 maande se GRATIS intekening by Luistervink Stories ter waarde van R300

    3. ʼn 32-in-1-Wiskundebondel van Somme(r)pret ter waarde van R430
     
    Die totale waarde van die spesiale bonuspakket = R3486

    Maar jy betaal net R1999

    KLIK HIER om te gaan inskryf.

    Oolfant se potgooi
    afNovember 25, 2021

    Die lekkerte van jou eie leerplan

    Die lekkerte van jou eie leerplan

    In hierdie week se potgooi-episode wil ek graag met jou vyf hoofredes deel waarom mens ʼn eklektiese benadering in tuisonderrig sal wil volg.

    ʼn Eklektiese benadering verwys na iemand wat haar idees, styl en smaak uit ʼn wye verskeidenheid bronne kry. Letterlik beteken die woord om uit te soek of te kies. As ons dit terugtrek na tuisonderwys beteken dit jy doen jou eie ding en stel jou eie leerplan saam.

    Ek het begrip vir ma’s wat ʼn bokskurrikulum verkies, maar ek wil jou in hierdie episode uitnooi om ʼn bietjie te dink watter voordele dit vir jou gaan inhou om uit te breek en ʼn eklektiese tuisskoler te wees.

    Miskien wonder jy nou, maar hoe doen mens dit? 

    Ja, jy kan die voordele van so ʼn eklektiese benadering duidelik insien, maar jy is bang om die sprong te waag. Sê nou maar jy slaan sekere dinge oor of los dit per ongeluk uit, gaan jy nie dalk jou kind ʼn vreeslike onreg aandoen nie? Hoe besluit mens wat in so ʼn eklektiese leerplan moet wees? Veral as jy nou vir die eerste keer aan tuisonderrig as ʼn opsie begin dink.

    Toemaar, ek het raad vir jou. DV volgende week bied ek ʼn lewendige webinaar aan waar ek gaan praat oor die drie groot pilare wat jy in jou eklektiese leerplan wil inbou. Ek gaan die leertydperk vir jou in drie fases opdeel en vir jou sê: 

    • wat jy in elke fase vir jou kind moet leer
    • hoeveel tyd jy aan elke element moet spandeer en ook 
    • hoe jy kan seker maak julle werk is op standaard

    As jy graag hierdie webinaar wil bywoon, ek gaan dit op Facebook aanbied by 15-Minuut-Afrikaans se Facebookblad. Die amptelike naam van die Facebookblad is “tuisleer”.

    VIND DIT HIER op Facebook:

    https://www.facebook.com/tuisleer/

    Nie meer op Facebook nie? Ek gaan die webinaar ook direk op YouTube uitsaai. Jy kan my op YouTube kry onder my eie naam, Marisa Haasbroek.

    VIND MY HIER op YouTube:

    https://www.youtube.com/channel/UCGeUHpRBKn3LdT68Kdtbowg

    Die webinaar is op 25 November om 19:30 SA tyd. As jy dalk nie die direkte uitsending kan bywoon nie, daar gaan opnames beskikbaar wees.

    Oolfant se potgooi
    afNovember 17, 2021

    Wennerwenke vir Wiskunde

    Wennerwenke vir Wiskunde

    Wiskunde is die een vak wat vir tuisskoolma’s nogal angs en spanning kan skep.

    Vir hierdie potgooiepisode deel ek graag van die beste insig en raad wat ek onlangs by tuisskoolma Lizelle Rademeyer oor Wiskunde gekry het.

    Lizelle se raad oor Wiskunde kan mens maar met ʼn geruste hart volg. Haar eie drie kinders is die beste getuigskrif dat sy weet wat sy doen. Sy laat haar drie jaarliks deelneem aan die Conquesta Olimpiades en hulle uitstekend daarmee. 

    Lizelle is ook die opsteller van heerlike Wiskunde produkte met die naam Somme(r)pret. 

    In die episode deel ek haar sewe wennerwenke oor Wiskunde. 

    Hier is meer inligting oor Conquesta:

    http://www.conquestaolympiads.com/index.html

    En hier is die lys van handboeke waarna verwys word: 

    ·         PracMaths / Play! Maths 

    ·         Kitsreken

    ·         Slimkoppe 

    ·         Number Sense 

    ·         MathTrek 

    ·         Graad 4 tot 7 Wiskunde in 'n Neutedop


    Klik hier om in te skryf vir Begin hier met tuisskool Gratis&Verniet.


    Klik hier vir meer inligting oor oolfant se Black Friday Promosie.

    Oolfant se potgooi
    afNovember 10, 2021

    Hoekom prenteboeke vir jou kinders lees en koop?

    Hoekom prenteboeke vir jou kinders lees en koop?

    Jenny Nel is mal oor boeke. Geen wonder dat sy daarom ʼn boekwinkel Little Books bestuur en bedryf nie.

    Hierdie week in die potgooi vertel sy in die mooiste Afrikaans (sy is eintlik Engels) van al die voordele en wonders wat vir kinders in prenteboeke opgesluit is.

    Ons het veral oor storieboeke gepraat en Jenny het daarin geslaag om talle verskuilde voordele van prenteboeke en die groot rol wat hulle in jou kind se ontwikkeling kan speel uit te wys.

    Kom vind onder meer uit:

    • Van die verband tussen jou kind se motoriese ontwikkeling en boeke
    • Hoe jy prenteboeke kan gebruik om jou kind se emosies te help ontdek
    • Van maniere waarop jy baie meer uit prenteboeke kan haal as waaraan jy dink

    As jy meer wil uitvind oor die boeke wat Jenny verkoop, en dis enige boeke van kleuterboeke tot handboeke, hier is haar webwerf: littlebooks.co.za. 

    Sy het ook ʼn lekker lewendige Facebookblad waar jy haar kan volg. 

    Oolfant se potgooi
    afNovember 03, 2021

    Só skep jy ideale tuisskooldae

    Só skep jy ideale tuisskooldae

    Hoe langer ma’s gewoonlik tuisskool, hoe meer besef hulle tuisonderrig is waarlik ontwerperonderwys wat hulle kan aanpas tot dit PRESIES by hulle en hul kinders se behoeftes aanpas. 

    En dis waaroor ek in hierdie week se potgooiepisode met jou praat — hoe skep jy jou eie ideale tuisskooldae.

    “Ideale tuisskooldag” is te vaag. Wat jy moet doen, is om vir jouself uit te werk wat al die dinge is om die boksie “ideale tuisskooldag” vol te maak. 

    Elkeen se boksie gaan met verskillende dinge gevul word. Die punt is as jy ʼn ideale tuisskooldag wil hê, moet jy hom self skep. En in hierdie episode hoor jy van maniere om dit te doen.

    As jy belangstel om die lysie van 30 take waarvan ek in die potgooi praat, in die hande te kry, dis beskikbaar binne-in die gratis kursus Begin hier met tuisskool gratis en verniet.

    KLIK HIER om in te skryf vir daardie kursus.

    Die Franse filosoof Jean Paul Satre het ’n klomp onsin kwytgeraak. Maar die dag toe hy gesê as vryheid in die siel van ʼn mens ontplof het, die gode niks aan so ʼn mens kan doen nie, het hy ’n baie waar ding gesê. En met gode moet jy hier aan owerhede, stelsels en nuwe tydvakke dink.

    Laat die vryheid in jou siel ontplof, liewe tuisskoolma. Laat daardie vryheid jou onaantasbaar maak vir regerings en modegiere. Skep self jou ideale tuisskooldae. 

    Oolfant se potgooi
    afOctober 27, 2021

    Hoe sien jy na jouself om, ma?

    Hoe sien jy na jouself om, ma?

    Dit gebeur so maklik dat selfversorging by die deur uitwaai, veral wanneer jy ʼn ma is. 

    Dis so maklik om verlore te raak tussen menswees, geliefde vir jou lewensmaat wees, ma wees, dalk nog professioneel met werk ook te wees.

    Dis so maklik om alles vir almal te wees dat jy later nie meer weet wie jy self is nie.

    Lindi Potgieter, veteraantuisskoolma nes ek, en ook ʼn life coach nes ek, praat hierdie week in die potgooitepisode oor selfversorging vir tuisskoolma’s.

    Jy wil nie hierdie episode misloop nie, want jy gaan onder ander hoor:

    • hoe ʼn ma ʼn groot laken en ʼn leunstoel gebruik om vir haar alleentyd te skep
    • van al die aspekte van jou menswees waaraan jy moet dink as jy jouself wil versorg
    • hoekom jy beslis nie skuldig hoef te voel as jy na jouself omsien nie
    • van ʼn vinnige manier om jouself voor te berei vir selfs die veeleisendste dag
    • van praktiese dinge soos genoeg eet en slaap wat ʼn groot verskil kan maak

    As jy Lindi se raad en wenke nuttig vind, gaan loer gerus na haar kursusse en programme wat sy beskikbaar het by Future Generations.

    Op soek na daaglikse inspirasie van Lindi af? Skakel dan in by haar Telegram Kanaal waar jy kan vrae vra, deelneem aan gesprekke en binne ʼn gemeenskap moed kan skep en idees kan kry by ander tuisskoolma’s.

    KLIK HIER om daarby in te skakel.

    Oolfant se potgooi
    afOctober 20, 2021

    Skitterplanne vir minder skermtyd

    Skitterplanne vir minder skermtyd

    Ons weet almal ons kinders behoort minder tyd op skerms deur te bring. Dit sluit rekenaars, tablette en selfone in. 

    Maar hoe doen mens dit? 

    En hoe doen jy dit sonder ʼn geveg? 

    Ek dink nie dis realisties om ons kinders heeltemal weg te hou van alle skerms af nie.

    In hierdie week se potgooi praat ek oor maniere waarop ons ons kinders se skermtyd beter kan bestuur.

    Jy gaan onder meer hoor:

    • Van die beroemde navorsing met die malvalekkers en hoe dit jou meer leer oor skermtydbestuur
    •  Hoe insig in jou eie gedrag op Facebook jou kan help met jou kinders se skermgedrag 
    • Wat gebeur as rotte wat verslaaf is aan kokaïen totaal vrye toegang daartoe kry
    •  Van twee effektiewe maniere waarop jy jou kind se skermtyd kan beperk
    • Van ʼn oulike speletjie wat jy met jou kinders kan speel waar sakgeld, skermtyd en leestyd ʼn rol speel
    Oolfant se potgooi
    afOctober 13, 2021

    So leer jy 'n Afrikataal aan

    So leer jy 'n Afrikataal aan

    Marie-Louise Botha is nou regtig wat mens ʼn poliglot sal noem. As jy nie weet wat beteken nie, dis iemand wat baie tale ken. Die woord kom van die Griekse woord poli wat baie beteken en glotta wat tong beteken.

    Sy praat Afrikaans, Sotho, Sepedi, Tswana, Zoeloe en Engels. Laasgenoemde net vir selfverdediging, lag sy. Verder ken sy ook Nederlands. Russies kon sy op ʼn stadium ook praat, maar het dit nou verleer. 

    So baie tuisskolers het die behoefte om meer van die elf amptelike landstale aan te leer as net Engels. Daarom het ek dit hierdie week goed gedink om met Marie-Louise van die taalskool Bothabile te praat.

    Marie-Louise is self ʼn tuisskoolma wat na ʼn tydperk wat haar kinders in die skool was, hulle twee nou weer tuisskool. Talle tuisskolers het al haar kursusse geloop.

    “Tuisskolers is soos sponse,” vertel sy van haar ervaring met hulle.

    Luister gerus na hierdie episode en vind die volgende uit:

    • Hoekom dit vir ʼn Afrikaanssprekende makliker is om Sotho te leer as vir Zoeloespreker
    • Hoeveel keer jy ʼn woord in ʼn nuwe taal moet herhaal voordat dit vir altyd in jou brein ingeprent is
    • Wat die aanleer van addisionele tale vir jou brein kan doen

    Die naam Bothabile is ʼn slim sinspeling op haar van, maar dit het ʼn dubbele betekenis. As jy graag wil weet wat dit beteken, ons praat hier teen minuut 16 daaroor. 

    As jy belangstel in Bothabile se dienste, stuur gerus vir Marie-Louise ʼn WhatsApp by 072 565 2763  of stuur vir haar ʼn e-pos na dumela@bothabile.co.za

    Oolfant se potgooi
    afOctober 06, 2021

    Hoekom voorlees nie genoeg is nie

    Hoekom voorlees nie genoeg  is nie

    In hierdie week se potgooi het ek vir jou heerlike interessante navorsing oor hoe mense tale aanleer. 

    Dit gaan jou baie help met al die vrae wat so baie tuisskoolma’s oor taalkeuses het, soos watter taal moet ek gebruik as ek tuisskool en wanneer mens met ʼn tweede taal begin.

    Jy gaan onder andere hoor wat:

    • jong sebravinkies jou oor die aanleer van taal kan leer
    • in Broca en in Wernicke se gebied gebeur as jy meer as een taal kan praat (jy soek verniet na hierdie gebiede op ʼn aardbol, hoor!)
    • gebeur het toe Karel die Grote se kleinseuns mekaar nie meer kon verstaan nie
    • die ideale ouderdom is om ʼn tweede taal aan te leer
    • navorsers oor taalontwikkeling leer deur dowe mense te bestudeer
    Oolfant se potgooi
    afSeptember 29, 2021

    "Hou dit net eenvoudig" - tweedegenerasietuisskoler

    "Hou dit net eenvoudig" - tweedegenerasietuisskoler

    Hierdie week gesels ek op die potgooi met Jana Bornman, ʼn tweedegenerasietuisskoler.

    Wat die meeste opval is haar kalme rustigheid. Omdat sy self die hele die tuisskoolreis voltooi het, is dit so duidelik dat sy weet as mens net rustig voortgaan met jou taak, alles uiteindelik reg sal uitwerk.

    Jana se ma was destyds, voor 1994, in ʼn hofsaak gewikkel, toe sy haar kinders wou tuisskool. Sy het die hofsaak verloor. Uiteindelik het die gesin plaas toe getrek en sy het spesiale toestemming gekry om Jana en een van haar susters te tuisskool.

    “Ek was ʼn moeilike kind wat my ma grys hare gegee het. Ek wou op my eie manier leer,” vertel sy.

    Haar ma het egter by Jana aangepas en haar toegelaat om net verskriklik baie te lees en in intense periodes vakke soos Wiskunde teen haar eie tempo baas te raak.

    Dis baie interessant en gerusstellend om te hoor hoe Jana al die insig wat sy verkry het deur self tuisgeskoolde kind te wees kon oordra in haar benadering tot haar eie vier kinders se tuisonderwys.

    Om NIE haar eie kinders te tuisskool nie was ook net nooit vir haar opsie nie. Sy weet uit eie ondervinding hoe goed dit werk.

    Luister gerus na hierdie onderhoud en hoor van hulle plaaslewe, die kinders take en ook die rol wat pa in hulle opvoeding speel.

    Dis ʼn potgooi wat jou baie gaan inspireer en moed gaan gee. Geniet dit.

    Oolfant se potgooi
    afSeptember 22, 2021

    "My kind verstaan nie wat hy lees nie"

    "My kind verstaan nie wat hy lees nie"

    Die meeste ma’s besef dat om met begrip te kan lees ʼn sleutelvaardigheid vir hulle kinders se akademiese en beroepsukses is.

    Een van die maniere waarmee tuisskoolma’s probeer om hulle kinders se leesbegrip te verbeter, is deur vir hulle begripstoetse te laat doen. Maar om jou kind net begripstoetse te laat doen, is amper soos ʼn afrigter wat ʼn atleet net aan kompetisies laat deelneem sonder om ʼn doelbewuste oefenprogram met die atleet te volg. 

    Sê nou maar jy kon ʼn volledige afrigtingsprogram kry wat jou kinders se leesbegrip kan uitbou?

    Debbie Smith, ʼn tuisskoolma en onderwysadviseur het die akademiese agtergrond in hierdie onderwerp. Danksy haar praktiese ervaring as tuisskoolma en onderwyskenner kan sy die boublokke van so ʼn program vir jou verskaf. 

    Ek en Debbie het besluit om kragte saam te span en ʼn webinaar aan te bied waar ons tuisskolers gaan touwys maak oor al die aspekte van so ʼn afrigtingsprogram wat leesbegrip kan bevorder. Ek gaan as fasiliteerder optree en al die vrae vra wat ek weet tuisskolers oor hierdie onderwerp het.

    Die webinaar vind op 28 September om 19:30 plaas. Dit word via Zoom aangebied en kos R250 per gesin. Dit sluit ʼn geskrewe dokument en toegang tot die opname van die aanbieding in. Jy is natuurlik ook baie welkom om jou eie vrae te kom vra.

    As jy wil registreer, KLIK HIER:

    https://deborah-smith.net/course/leesbegrip-afrigting/

    Oolfant se potgooi
    afSeptember 15, 2021

    Oolfant gesels met skrywer Jaco Jacobs

    Oolfant gesels met skrywer Jaco Jacobs

    Jaco Jacobs het al amper 200 boeke geskryf. Sy eie gunsteling onder die boeke wat hy al geskryf het, is ʼn rympiesboek genaamd Moenie hierdie boek eet nie

    Dis die boek wat hom weer aan die hardloop gekry het. Terwyl hy so gehardloop het, het hy sy idees vir die 366 rympies (een vir elke dag + ʼn spaar een vir skrikkeljaar) gekry. So baie het hy gehardloop dat hy fiks genoeg geword het om die Comrades aan te durf. 

    Dis die ritme en die speelsheid wat in gedigte en rympies tevore wat dit vir hom so lekker maak om hulle te skryf. Maar eintlik het Jaco bekendheid verwerf met geliefde boekekarakters soos Zackie Mostert en professor Fungus. 

    In hierdie week se potgooi-episode gesels ek met hom. Dit was ʼn heerlike gesprek. 

    Ons gesels oor sy nuwe vertaling van Pippie Langkous, oor grootmense wat nie ʼn te groot rol in kinderboeke behoort te speel nie en hoe om jou aspirant-skrywerskind te help om sy of haar droom te bewaarheid om hulle eie stories te publiseer.

    Die boek oor leer skryf waarvan Jaco praat, se naam is Tussen die lyne en dis uitgegee deur Lapa uitgewers. En ja, daar is ʼn e-boek weergawe ook.

    Oolfant se potgooi
    afSeptember 08, 2021

    Neem die 5 groot besluite van tuisonderwys met selfvertroue

    Neem die 5 groot besluite van tuisonderwys met selfvertroue

    As iemand tuisonderwys vir die eerste keer ontdek, kan dit oorweldigend voel om uit te sorteer hoe alles werk. Ek weet, ek was ook daar.

    In hierdie episode wil ek dinge vir jou makliker maak deur vir jou te wys daar is eintlik net 5 groot besluite wat jy moet neem as jy wil tuisskool.

    Ek was waar jy nou is. Bang ek gaan ʼn groot flop van tuisonderwys maak, bang ek gaan my kinders se toekoms vir altyd en altyd opmors. Kom ek vat vandag jou hand en wys jou die pad. Dis makliker as wat jy dink.

    Miskien is jy ʼn ouer wat al die tuisskoolpaadjie vir ʼn rukkie stap, maar jy het nodig om net weer die grondbeginsels te hoor. Jy is ook welkom. Ons het almal nodig om belangrike boodskappe weer en weer te hoor.

    Eers gaan ek net eers vir jou sê wat die vyf groot besluite is wat jy in tuisonderwys sal moet neem. En dan gaan ek vir jou ʼn tegniek leer om jou te help om elkeen van daardie besluite te neem. Jy gaan dit baie geniet om hierdie tegniek te gebruik en oor ʼn halfuur of wat gaan jy baie meer gerus voel oor tuisonderrig.

    Klik hier om te gaan kyk na die spesiale oolfant promosie wat tans aan die gang is:

    https://oolfant.com/hele-oolfant

    Oolfant se potgooi
    afAugust 30, 2021

    Haal die vrees uit leer lees

    Haal die vrees uit leer lees

    As daar een ding is wat tuisskoolma’s dikwels angstig maak, is dit wanneer hulle hul kinders moet leer lees. Hulle weet hoe belangrik hierdie vaardigheid is en hulle is so bang hulle gaan alles opduiwel as kinders nie goed kan lees nie.

    Dit was ook waar van my. Daarom was die fliek Lien se lankstaanskoene nogal ontstellend. Om te dink dis moontlik vir ʼn gewone mens om by ʼn robot as ʼn bedelaar te eindig het my hare laat rys.

    En dan het ek vir my kinders sulke goed gesê soos: “Weet jy hoe BELANGRIK is dit om goed te kan lees? As jy nie kan lees en skryf nie, gaan jy nie werk kry nie. En weet jy waar gaan jy dan eindig? Soos daardie meisie in Lien se lankstaanskoene. Op ’n straathoek. By ’n robot. Aan die bedel.”

    Dit help jou kinders nie om beter lesers te word deur hulle bang te praat nie.

    Het jy geweet die navorser Judith Harackiewicz het agtergekom dat om ’n aktiwiteit met meer betekenis te probeer vul deur op sy toekomstige waarde te wys, mense juis kan verlam van angs. En dat hulle dan net eenvoudig daaroor afskakel. Veral as dit by vakke of vaardighede kom wat hulle moeilik vind.

    In hierdie week se potgooi-episode help ek jou om die vrees uit leer lees help haal. Ek deel alles wat ek deur die jare daaroor geleer het, met jou. Ook raad wat ek al so baie kere met bekommerde ma’s in e-posse gegee het. 

    Oolfant se potgooi
    afAugust 26, 2021

    So gebruik jy oolfant se kursusse in die Amerikaanse hoërskooldiploma

    So gebruik jy oolfant se kursusse in die Amerikaanse hoërskooldiploma

    Hierdie is ʼn bonusepisode. Al hoe meer en meer ma’s wat ʼn eklektiese tuisskoolbenadering volg, dink daaraan om die Amerikaanse hoërskooldiploma te gebruik vir ʼn matriek. 

    Maar nou wonder hierdie ma’s wat doen mens vir Afrikaans op hierdie roete. 

    In hierdie episode gee ek graag vir jou ʼn paar maniere waarop jy oolfant se kursusse gebruik in die verwerwing van ʼn Amerikaanse hoërskooldiploma.

    Die Amerikaanse hoërskooldiploma is ʼn bewese roete met kinders wat reeds op universiteit is nadat hulle dit gedoen het. Dis ook ʼn matriekroete wat vir mens baie vryheid bied.

    Daar is twee ander potgooi-episodes hieroor as jy graag meer inligting hieroor wil kry. 

    Makliker matriek? Nee. Wel lekkerder.

    So maak jy matriek in Afrikaans sonder CAPS

    Vir meer inligting oor die Amerikaanse Hoërskooldiploma gesels gerus met een of albei hierdie tuisskoolma’s:

    ·         Stephane Burger: info@cubitskidsedu.com

    ·         Annerine Wenhold: kairos.academysa@gmail.com

    Oolfant se potgooi
    afAugust 17, 2021

    Dié 5 bobaaswenke laat jou kind makliker leer

    Dié 5 bobaaswenke laat jou kind makliker leer

    Hoe kan ek leer makliker vir my kinders maak? 

    Dis ʼn vraag wat elke tuisskoolma soos jy haarself afvra. 

    Hierdie week gee ek vir jou vyf wenke wat jou hiermee gaan help.

    • #1 Gebruik die vier leerstyle (visueel-ruimtelik, ouditief, lees en om deur beweging te leer) maar doen dit op ʼn meer gesofistikeerde manier
    • #2 Verstaan wanneer jy jou kind se selfbeeld moet uitbou en wanneer jy hom of haar moet help om vaardighede in te oefen
    • #3 Leer van die nuwe navorsing wat vir eens en vir altyd wys wat die beste agtergrondgeluide is om te speel vir maksimale leer om plaas te vind (Dis nie totale stilte nie. En nee, dis ook nie Mozart nie.)
    • #4 Vind uit watter verskil 10 sekondes kan maak as jou kind iets in taal, wiskunde, musiek of iets motories probeer leer
    • #5 Ontdek wat jou kind moet doen NA ʼn tydperk van intense leer wat sal veroorsaak dat hy of sy die werk regtig hulle eie maak 
    Oolfant se potgooi
    afAugust 11, 2021
    Logo

    © 2024 Podcastworld. All rights reserved

    Stay up to date

    For any inquiries, please email us at hello@podcastworld.io