Logo

    erediens

    Explore "erediens" with insightful episodes like "Die Erediens: Gereformeerde aanbidding en liturgie", "Die Erediens: Bybelse prediking", "Die Erediens: Wat is 'n erediens?", "Stry teen Sonde" and "Deo Volente - As God wil" from podcasts like ""Radio Scriptura", "Radio Scriptura", "Radio Scriptura", "Harrismith Moedergemeente's Podcast" and "Harrismith Moedergemeente's Podcast"" and more!

    Episodes (75)

    Die Erediens: Gereformeerde aanbidding en liturgie

    Die Erediens:  Gereformeerde aanbidding en liturgie

    Hoe lyk dit as die liggaam van Christus saamkom om in die gereformeerde kerk te aanbid? Wat is gereformeerde liturgie, wat is die orde van hierdie vergadering en wat is die redes vir hierdie soort aanbidding?  Definisie van liturgie - Hoe moet ons aanbid?  Liggaam van Christus aanbid saam.  Ons lees die Woord en wet van God.  Ons beoefen verbondsmatige aanbidding.  Wat is die belangrike elemente van gereformeerde liturgie.  Wat is die doel van sang - skrifberymings en psalms.  Hoekom lees ons die wet? Die predikant lei gemeente in aanbidding.  Slotlied, uitstuurseën en amen. Skrifverwysings:
    Heb 10:9, Heb 12:29, Op 4 en 5, 1 Kor 14, Ef 4, Neh 8, Op 4:11, Heb 4, Op 7, Ps 124, Kol 3, Ps119, 1 Joh, Eksodus, Rom, Heidelbergse kategismus, Mat 7, Mat 18. Aanbieders: Jaco de Beer en Marnix Boersema

    Die Erediens: Bybelse prediking

    Die Erediens:  Bybelse prediking

    00:40 Sentrale element van die erediens - bybelse prediking
    03:07 Mandaat van bybelse prediking
    12:40 Wat is die taak van die prediker?
    15:30 Hoe lyk 'n skrifgetroue preek?
    24:18 Insig van die Heilige Gees
    33:24 Christosentriese inhoud
    42:58 Preek die volle raad van God
    46:18 Berei jouself voor vir die erediens

    Skrifverwysings:
    Rom 10:8, Hand 9:22, 6:9, 1 Kor 2, Psalm 1, Joh 15, Dordtse leerreëls, 1 Tim 4

    Die Erediens: Wat is 'n erediens?

    Die Erediens: Wat is 'n erediens?

    Die erediens is al in die Ou Testament ingestel as die heilige vergadering van God waarin Hy sy kinders oproep om Hom te aanbid.  Dit is die weeklikse vergadering van God met Sy kinders om gesamentlik op 'n Sondag te ontmoet om die Woord te hoor en so deur Hom geseën te word met Sy teenwoordigheid, Sy woord en Sy rus.  Die erediens is ook die plek waar gelowiges herinner word aan die wet van God, en gee ons die bevestiging van Christus se genadige verlossing van ons sonde.  Die aanbidding van ons God vind plaas soos die skrif dit bepaal, onder die ordelike leiding van die kerk se offisiële ampdraers, en bevat altyd die suiwer prediking van die Woord.  Die erediens is God se geskenk aan gelowiges, omdat dit ons geestelik voed en die seëning van 'n geloofsgemeenskap as ondersteuning bied. 

    00:00  Die Erediens:  Wat is 'n erediens?
    02:20  Oorsig uit Ou Testament
    14:30  Oorsig uit Nuwe Testament
    24:57  Wat is die fokus van die erediens?
    33:20  Wat is die doel van die erediens?
    35:26  Vir wie is die erediens?
    37:10  Waarom beveel die Here dit?
    39:54  Hoekom op 'n Sondag?
    44:49  Bepaal my lus my kerkbywoning?
    50:51  Virtuele erediens is 'n skynwerklikheid

    Aanbieders:  Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer

    Wat sê die Vers ? Mattheus 18:20

    Wat sê die Vers ? Mattheus 18:20

    Scriptura se nuwe reeks handel oor skrifgedeeltes of Bybeltekste wat verkeerdelik of buite die ware konteks aangehaal en verstaan word. Die eerste episode fokus op die presiese betekenis en doel van Mattheus 18:20.

    00:00  Wat sê die Vers 1:  Mattheus 18:20
    00:39  Nuwe reeks
    03:47  Mattheus 18:20 …want waar twee of drie in My naam byeen is, daar is Ek in hul midde."
    04:20  Wat is die algemene begrip oor die vers?
    11:00  Christene wat in die algemeen byeen kom, is nie dieselfde as erediens nie.
    11:35  Wat is die konteks?
    12:38  Konteks lê in vers 15-20  (2020 Vertaling)
    13:42  Kerklike tug en kerkdissipline is die ware tema
    16:42  Vers 15-17 gee agtergrond van kerklike tug
    22:07  As 2 of 3, dit wil sê die ouderlinge, saamstem oor ‘n tugsaak en ‘n besluit neem, is dit bindend
    24:33  Kwalifikasie – daaglikse lewe is nie erediens nie
    25:19  Ps 121 Pelgrimslied – die Here is altyd by ons
    26:34  Ons word opgeroep na die erediens in Ps 122:1  “Kom ons gaan na die huis van die Here….”

    Aanbieders:  Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn

     

    Perspektief: Julie 2021

    Perspektief:  Julie 2021

    In hierdie episode beskou Scriptura 'n paar aktuele sake en nuusgebeure van die afgelope maand vanuit 'n Bybelse perspektief.

    00:00  Julie 2021 in Perspektief
    01:30  Onluste en eredienste
    09:55  Gereformeerde term, Sphere sovereignty, beginsel van soewereiniteit in eie gesagskring:  gesin, kerk, regering
    11:30  Nederlandse Geloofsbeleidenis artikel 36:  die plek van die regering 
    16:20  Statisme - staat kry oppermag oor alles
    18:43  Hoofpunte: 
    - Die antwoord oor eredienste kan nooit wees:  So sê die regering nie. 
    - Kan die kerkraad ‘n lidmaat bind deur te sê:   Jy kan nie vandag die 4de gebod gehoorsaam nie, en die erediens bywoon nie?
    - Virtuele dienste is nie eredienste nie
    - Die kerkraad moet realistiese evaluasies doen 

    24:40  Inentingspaspoorte en beperking van beweging van die wat nie ingeënt is nie
    -  Patroon van die narratief
    -  Ingeligte besluit teenoor ‘n aktivistiese besluit
    -  Onderskei tussen eredienste en inenting

    40:40 Inent of nie: ‘n saak van skeiding tussen gelowiges?

    Skrifverwysings: 
    Spreuke 29: 2 en 18, Amos, Psalm 96:10, Openbaring, Jakobus, Romeine 14, 1 Kor 8-10, 1 Kor 10:31

    Aanbieders:  Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee
    Photo geneem deur:  Andre Swart/AP Photo

    Logo

    © 2024 Podcastworld. All rights reserved

    Stay up to date

    For any inquiries, please email us at hello@podcastworld.io